Graad 6 nou beskikbaar. Graad 4, 5 en 7 kom binnekort.
Nog 'n kans om dit te verstaan.
Snappit gee Graad 6-leerders die kans om die werk weer te besoek, te verstaan, te oefen en te toets — tuis, in hul eie tyd.
Gratis · geen registrasie
- CAPS & ATP belyn
- Afrikaans & Engels
- Graad 6 nou beskikbaar
- Geen debietorder
- Net goedgekeurde lesinhoud
Vir ouers
Wat is Snappit?
Kinders verstaan nie altyd alles die eerste keer in die klas nie. Snappit gee jou kind 'n tweede kans om die week se werk tuis deur te werk — met opsommings, verduidelikings, klank en oefening wat by CAPS en die ATP aansluit.
Dit vervang nie die onderwyser nie. Dit help jou kind om met meer selfvertroue skool toe te gaan.
Vakke
Vyf vakke vir Graad 6
Elke vak volg die weeklikse CAPS- en ATP-werk.
-
Graad 6Wiskunde
-
Graad 6Natuurwetenskap en Tegnologie
-
Graad 6Geskiedenis
-
Graad 6Geografie
-
Graad 6Lewensvaardighede
Gee jou kind nog ’n kans om dit te verstaan.
Registreer nouHoe dit werk
Vier eenvoudige stappe
- 1
Beplan
Sien wat elke week kom met die toets- en eksamenbeplanner.
- 2
Leer
Werk deur opsommings, verduidelikings en klank.
- 3
Oefen
Oefen met toets-styl vrae en kry dadelik terugvoer.
- 4
Vorder
Hersien verkeerde antwoorde en hou vordering dop.
Study Buddy
Ontmoet Study Buddy
Study Buddy help jou kind met die werk in die Snappit-les. Vra vir nog 'n verduideliking, 'n voorbeeld, of oefen met toets-styl vrae.
Snappit gebruik net goedgekeurde lesinhoud · Geen internet
- Vra enige vraag oor die les
- Kry die werk op ’n ander manier verduidelik
- Oefen met toets-styl vrae
Oefen & toets
Oefen. Toets. Probeer weer.
Elke vraag gee dadelik terugvoer — reg in groen, verkeerd in rooi. ’n Leidraad-knoppie help as jou kind vashaak, en “Stuur vir Ouer” deel die vraag met jou.
- Onmiddellike reg/verkeerd terugvoer
- Leidraad-knoppie wanneer jou kind vashaak
- Hersien die vrae wat nog oefening kort
Gee jou kind nog ’n kans om dit te verstaan.
Registreer nouAlles inbegrepe
Wat is ingesluit
- Weeklikse CAPS- en ATP-belynde inhoud met opsommings en memo's
- Verduidelikings en visuele leer
- Weeklikse klank en potgooie
- Study Buddy: vra vrae en oefen toets-styl vrae
- Oefening en toetse met hersiening van verkeerde antwoorde
- ’n Toets- en eksamenbeplanner
- Vorderingdophouding
Pryse
Een prys per kwartaal
Meer as een kind? 2de leerder R225, 3de leerder en verder R200 per kwartaal.
2027-aanbod: betaal Kwartaal 1-3 in een keer en Kwartaal 4 is gratis.
- Betaal een keer per kwartaal. Toegang tot al die weke van daardie kwartaal, insluitend hersiening- en toetsweke.
- Laat aansluiters kan by die huidige week begin of teruggaan na vroeëre weke van die kwartaal.
- Geen debietorder. Geen outomatiese hernuwing.
- Betaling per EFT. Bankbesonderhede word ná registrasie gestuur.
Ouers wat tussen bekendstelling en die eerste skooldag registreer en betaal, kry toegang tot die hele Kwartaal 1 vanaf die eerste skooldag.
Terugvoer
Wat ouers sê
-
Dis ’n fantastiese app – my kind se punte het so baie opgeskuif.
— Ouer -
Baie hulpvaardig en maklik om te gebruik.
— Chanell -
Die kort rukkie wat ons dit gebruik het, glo ek dit het ’n impak gemaak. Ons gaan verseker voortgaan. My dogter se woorde: ‘Loving it.’
— Ouer
Gereelde vrae
Vrae wat ouers vra
Wat is Snappit?
Snappit is ’n leerondersteuningsplatform wat leerders nog ’n geleentheid gee om die werk wat hulle by die skool leer, tuis te hersien, te verstaan en te oefen. Die inhoud volg CAPS en die ATP en kan teen die leerder se eie tempo gebruik word. Graad 6 is nou beskikbaar.
Wat kos Snappit?
R275 per leerder per kwartaal. ’n Gesin met meer as een kind betaal R225 vir die 2de leerder en R200 vir die 3de en verder, per kwartaal. Een faktuur dek die hele gesin.
Hoe werk kwartaaltoegang?
Sodra betaling vir ’n kwartaal ontvang is, word al die Snappit-inhoud vir daardie kwartaal oopgestel, en kan die leerder dit teen hul eie tempo deurwerk, insluitend die hersienings- en toetsweke. As jy middel in ’n kwartaal aansluit, kan jy by die huidige week begin of teruggaan na vroeëre weke van dieselfde kwartaal.
Wat is Study Buddy?
Study Buddy help leerders met die werk wat binne Snappit behandel word. Leerders kan vir ’n ander verduideliking, voorbeelde of toetsstyl-vrae vra.
Wanneer open Kwartaal 1 van 2027?
Snappit Graad 6 Kwartaal 1 van 2027 open op die eerste skooldag, 13 Januarie 2027. As jy voor dit registreer en betaal, begin jou toegang op die eerste skooldag.